Welkom bY
Deo Credo Familie Kerk
Galasiërs 2:20.
“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.“
ONS STEL VOOR:
PASTOOR GÉRARD & BELINDA BOTHA
WIE ONS IS?
ONS VISIE:
• ‘n Siele-wenende Kerk te wees, en die Evangelie van Christus te verkondig onder leiding en inspirasie van die Heilige Gees
• Geestelik die gemeenskap te dien en te bedien, en sodoende ‘n uitbreiding te wees van die Koninkryk van God
• Lidmate (Mede-werkers) toe te rus en te bekragtig om bedienings uit te leef en toe te pas sodat Sy Koninkryk op Aarde relevant sal wees.
ONS MISSIE:
Om uitvoering te gee aan die visie en missie van die gemeente, is dit nodig dat die gemeente as organisasie so effektief as moontlik sal ontwikkel en aangewend word in die uitbouing van die Koninkryk van God. As medewerkers van God in die opbouing van die liggaam van Christus is dit van absolute belang dat elke lidmaat betrokke sal wees en daadwerklik bydrae sal lewer in die vergestalting van hierdie visionêre en misionêre opgaaf
Geestelik
Ons geestelike missie is om, om te sien na die siele wat toevertrou is aan die sorg van die gemeente. Die missie word gemotiveer deur Galasiërs 2:20 (Sien “Deo Credo – Embleem en simboliek”.)
Die missie word gestand gedoen deur die vier Geestelike pilare van die Woord naamlik:
Levítikus 6:13 – “Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.”
Jesaja 60:1 – “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.”
Jeremia 29:11 – “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.”
Handelinge 1:8 – “…maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde."
Welsyn
‘n Goed georganiseerde welsynsmetodiek te volg deur die gemeente en gemeenskap se behoefte te identifiseer, die uitdaging wat gestel word in Matthéüs 25:36-34 uit te voer en dan so te doen volgens Handelinge 9:36.
Finansieël
Die Finansies wat aan die gemeente toevertrou is en word doelgerig en deursigtig aan te wend tot voordeel en uitbreiding van die Koninkryk van God;
Evangelisasie
‘n Evangelisasie en sendingmetodiek wat relevant is tot die tyd te volg en toe te pas. Geestelike leiers te ontwikkel sodat die gemeente goed toegerus is, word, en sodoende progressief staan tot die uitbreiding van die Koninkryk van God.
