Raak betrokke:
Ons bedieninge
Vroueaksie
Deo Credo Vroue aksie is ‘n energieke, lewenslustige vrouegroep wat saamgestel is uit dames van alle ouderdomsgroepe. Ons passie is vir ‘n Christus gesentreerde lewe en ‘n sigbare liefde vir mekaar en ons medemens. Ons fokus is om ‘n huislike omgewing te skep vir vroue van alle ouderdomsgroepe waar almal tuis en veilig voel.
Daarmee saam is ons misie om deur samekomste en aktiwiteite waar samewerking sentraal staan, geleenthede te bied waar vroue van binne en buite die gemeente saam kan groei in die Here en nader aan mekaar. Dit is belangrik dat ons sodoende God se plan in en deur ons lewe en bediening as vrou kan ontdek en uitleef.
Die “Vroue Aksie” is die hande van die gemeente en is verantwoordelik om vroue te bemagtig, te leer, te bedien en saam te bid vir die Gemeente Familie.
Die gesegde is: wat is ‘n man sonder ‘n vrou, maar dit is ook waar dat die vrouediens die ruggraat van die gemeente is. Daar word gebak en reggestaan vir funksies, fondsinsamelings en begrafnisse. By elke geleentheid is die vrouens daar om te dien.
Doelstellings
♦ Persoonlike geestelike groei van vroue lidmate:
Luk 10: 39 “Sy het n suster gehad, Maria, wat aan die voete van Jesus gesit en na Sy woorde geluister het.”
♦ Geestelike leiding in gesin en vir ander jongmense:
2 Tim 1:5 “Ek dink aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat in jou ouma en ma was.”
♦ Persone in nood versorg:
Hand 9: 36 “Daar was n gelowige vrou met die naam Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help.”
♦ Diensbaar in gemeente:
Rom 16:1 “Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente Kenchreë by julle aan. Sy was vir baie tot steun.”
♦ Getuie vir Jesus Christus wees:
Joh 20:17 “Jesus sê toe vir haar: Gaan na my broers toe en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe wat ook julle Vader is, na my God wat ook julle God is.”
Vir meer inligting, kontak:
Credo Kidz (Sondag Skool)
By Credo Kidz is dit ons as onderwysers se begeerte dat elke kind ‘n helder lig vir die wêreld sal wees. Dit is ons passie om die kinders in die waarheid te onderrig sodat hulle die regte lewenswyse kan aan kweek.
Ons is toegespits om deur die leiding van die Heilige Gees vir elkeen te onderrig uit God se woord. Om hulle laste te gedra deur gebed en ook te help om hulle te bemoedig om altyd God se wil vir hulle lewe te soek.
Vir meer inligting, kontak:
Credo Youth is baie klein, intieme jeug groepie. Enige iemand is welkom, maar ons teiken area strek van die ouderdom 13 to 22.
Ons kom elke Vrydag aand om 18h30 bymekaar om saam die Here te loof en te prys, te luister na Die Woord, saam aktiwiteite te doen, en selfs net saam te kuier.
Ons doel is wel om die groep so te laat groei dat ons die volgende generasie kan bemagtig vir die toekoms in ons gemeenskap.
Ons teksvers is Jesaja 54:10 wat sê:
“Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.”
Ons weet dat Hy enige berg vir ons sal skuif in hierdie jaar, want Hy is groter as enige berg of oseaan wat ons moet verbysteek.
Vir meer inligting, kontak:
Gallery
Goue Gerwe (Seniors)
By Deo Credo Familie Kerk is ons almal medewerkers in die Koninkryk van God. In die lig van ons Gemeente, die liggaam van Christus is daar baie lede waarby Goue Gerwe funksioneer onder die ouderdom van 60 jaar en ouer. Elke medewerker word bedien met heerlike bederf en word daar omgesien na elkeen se welstand en met groei in die liggaam van Jesus Christus.
Visie:
Ons visie is om onder leiding van die Heilige Gees om siele te kan wen en die gemeenskap onder die bejaardes oftewel die Goue Gerwe Geestelik te kan bedien tot uitbreiding van God se koninkryk. Dit is dan ook om hul toe te rus en te bekragtig om hul bediening steeds in hoe ouderom te kan uitleef en toe te kan pas.
Missie:
Ons is daar om toe te sien dat elke Goue Gerf se siel gevoed sal word na die Woord van God. God is Liefde en daarom wil ons liefde betoon net soos wat Jesus Christus van ons verwag. Geestelike leierskap kan steeds ontwikkel word en namate na almal se welsyn om te sien in die lig van Deo Credo se goed georganiseerde welsynsmetodiek te volg en n behoefte bepaling te maak. Daarom dan is dit noodsaaklik dat elke Goue Gerf oftewel medewerker opgebou sal word in die liggaam van Christus en ook betrokke te kan maak en hul bydrae effektief te maak.
Wat beplan ons vir die jaar?
- Goue Gerwe biduur word elke Dinsdagoggend gehou om 09h00.
Vanaf 5 Junie sal tydens die winter net een biduur per maand gehou word. Datum sal aangekondig word vir elke maand tot die somer sy gesig weer wys. - 5 Junie – Bederfdag (09h30)
- 18 September – Bederfdag (09h30)
- 19 Oktober – Sondagoggend Goue Gerwe Diens
- 8 November – Goue Gerwe Jaarafsluiting
Gallery
Vir meer inligting, kontak:
El Saddai Beradingsentrum
LAAT JOU DENKE VERNUWE WORD!
Ons bied aan: CHRISTELIKE BERADING
Dit is moontlik dat jy jouself bevind in ‘n moeilike situasie en deur (of in die middel van) ‘n pynlike ervaring is. Dit kan ‘n dood van iemand na aan jou wees, verwerping, n pynlike breek van egskeiding, en of verhoudings, huwelikskonflik, verwerking van verkragting, self-terminering, gesinsgeweld, werksverlies, depressie, substanse-afhanklikheid, innerlike genesing, vergifnis, enige ander moeilike lewenservaring. Dikwels kan dit vir jou baie verwarrend en stresvol wees, en terselfdertyd verg dit al jou aandag en fokus.
Traumaberading (ook na verwys as trauma-ontlonting) is in wese die genesingsproses wat jou help om simptome en eie emosies te verstaan en te identifiseer en ook dan te hanteer, waarin jy vasgevang is na ‘n traumatiese gebeurtenis.
Vind jou hoop en uitkoms vanuit duisternis weer na die Lig. Ons hoop is dat jy dit mag vind en sal weet dat genesing en heelword by God moontlik is.
Ek is die Weg en die Waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
(Joh 14:6)
En julle sal die Waarheid ken, en die Waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8 :32)
\Indien u sukkel om traumas of gebeure te verwerk, of enige iets wat jou terug hou om die lewe in oorwinning te leef of om alles te wees wat God jou geskape het om te wees, skakel asb. ondergenoemde no vir beradingshulp.
U innerlike genesing is vir ons belangrik.














